Risosfeer

Diagram van die risosfeer A=amebe wat bakterieë vreet

Die risosfeer is 'n mikrobioom wat gevorm word deur die grond wat in onmiddellike aanraking met die wortels van plante is. Daar word 'n enorm wye verskeidenheid organismes in hierdie mikrobioom aangetref en dit word soms met die term "die plante se tweede genoom" aangedui. Die hoeveelheid genetiese inligting in hierdie tweede genoom kan baie groter wees as die inligting in die plant se eie gene. Die risosfeer se mikrobegemeenskap verteenwoordig die grootste voorraad genetiese verskeidenheid op aarde. Per gram wortel kan daar 1011 mikrobeselle wees wat meer as 30 000 prokariotiese spesies verteenwoordig.

Daar bestaan 'n sterk wisselwerking tussen die plant en die risosfeer se bewoners. Die plant se wortel skei stowwe uit waarmee die risosfeer beïnvloed word en die een plant het nie dieselfde risosfeer as die ander nie.[1]

  1. The rhizosphere microbiome and plant health Roeland L. Berendsen, Corné M.J. Pieterse en Peter A.H. M. Bakker, Trends in Plant Science, Augustus 2012, Vol.17, No. 8.

Developed by StudentB